JA slide show

Die pad na littlestraat - Karien Jordaan Die Pad na Littlestraat …
Opgedra aan my pa wat my verseker dat daar lieflike musiek aan die anderkant is en aan my ma aan wie se tafel daar altyd nog plek is.

Wat ‘n ongelooflike pad - ‘n pad vol kronkels en blinde draaie – die een wat eindelik in Littlestraat, Ermelo, by Brakmusiek tot rus gekom het.
Get It Benefit Konsert vir Nikayla Vilas op 29 Mei 2008
Nikayla My pad het al dikwels dié van uitsonderlike mense gekruis. Maar nog nooit het iets of iemand my so aangegryp soos Maryke Vilas en hoe sy nou al drie jaar lank haar baie siek dogtertjie, Nikayla, met soveel matelose blymoedigheid versorg nie. Die brawe klein mensie is kort na haar geboorte met spierdistrofie gediagnoseer. Nikayla woon al byna lewenslank in Potchefstroom Medi-Clinic. Saam met 'n groep kunstenaars wil ek 'n verskil probeer maak aan die reuse uitgawes wat maand na maand aan die Vilas-gesin se deur klop. Kom luister na SAMA-wenner Retief Burger, Flip a Coin, Straatligkinders en myself in die Sanlam Ouditorium op Potch en help op dié manier die gesin by wie ons elkeen meer as een les kan leer. Vir kaartjies (R75) kontak Die e-posadres is teen spam-botte beskerm. Jy moet Javascript ontsper om dit te kan weergee
 
ATKV-Mediaveertjies 2008 - Karien Jordaan
ATKV-Mediaveertjies18 April 2008
Hoe trots was ek nie Vrydagaand om Afrikaans te wees nie. Woorde kan nie reg laat geskied aan hoe verskriklik bly en bevoorreg ek gevoel het nie. In ‘n wêreld waar die gehalte van die Afrikaanse media dikwels kop en skouers uitstaan bo ander tale in ons land het my hoorbeeld te staan gekom teen groot name in die bedryf. Die feit dat hierdie ‘n Afrikaanse insetsel is gee vir my veral groot plesier omdat Engels in kommersiële radio deesdae so sterk begunstig word. Dit was verseker ‘n uitdaging om Al Debbo se massiewe bydrae tot die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf in 5minute te kon verpak – en veral ‘n voorreg om hierdie deurleefde man te kon ontmoet. Dat die beoordelaars besluit het om ‘n Mediaveertjie aan my te gee oortref my stoutste verwagtinge.
 
ATKV-Mediaveertjies 2008
ATKV-Mediaveertjies 2008
ATKV-Mediaveertjies
20 Maart 2008
Het vandag gehoor ek is een van drie finaliste in die kategorie ‘Beste insetsel in ‘n vermaaklikheids- of joernaalprogram (radio)’ vir vanjaar se ATKV-Mediaveertjies. Die wenner word tydens ‘n spoggeleentheid op Vrydag 18 April by Vodaworld in Midrand aangewys. My reeks “Sonskyntoekennings” wat ek verlede jaar vir OFM-Ontbyt gemaak het, het gehandel oor sentraal Suid-Afrikaners op wie ons trots is. Die twee aflewerings wat in aanmerking kom vir die Mediaveertjies is die hoorbeeld oor onderskeidelik Mannetjies Roux en Al Debbo. Dit was soveel pret om die hoorbeelde te maak! Die aanwysing as finalis is ‘n absolute bonus!
 
Die pad na Littlestraat
Karien Jordaan - Afrikaanse Musiek
Die pad na Littlestraat

Die pad wat jy stap en die mense wat saam met jou stap is dikwels belangriker as die bestemming. Die pad na Littlestraat gaan oor hierdie waarheid. Niks in die wye wêreld is seker so scary as om jou siel in liedjies, stukkie vir stukkie, bloot te lê nie. Die hele proses van woorde en wysies maak, die verwerking, die opneem, die meng en dan die oneindige groot oomblik wanneer jy terugstaan en soos ‘n beeldhouer na jou voltooide werk kyk – dit maak die reis die moeite werd.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 Volgende > Laaste >>

Resultate 1 - 5 van 6

Debuut CD


Karien Jordaan



Luister na my CD


Karien Jordaan

CD beskikbaar by:


  • Bloemfontein - Kloppers

  • Welkom - Music Corner

  • Kaapstad - Music4U - Cape Gate

  • Kontak My vir CD aankope